Lood Glas Klasse - SG01 Beginner klas
Hierdie is die basiese beginnerklas en elkeen moet dit voltooi voordat ek enige gevorderde klasse sal verskaf . Hier word al die basiese tegnieke soos ontwerp , glassny , slyp , foeliewerk , soldeer , afronding en veiligheid aangeleer . U voltooi op u eie 'n sonvanger en alle gereedskap en materiaal word voorsien deur die ateljee vir gebruik in die klas .
Hierdie is 'n 8 uur lange klas en alle gereedskap en materiaal word voorsien deur die ateljee . Ongelukkig word hierdie klas nie opgedeel nie , dus is dit normaalweg net op Saterdae .
Vir meer volledige besonderhede laai asseblief hierdie vorm in .pdf formaat af VORM (hierdie vorm maak in 'n nuwe venster oop) en voltooi dit volgens instruksies op die vorm .
Lood Glas Klasse - SG02 Afstand Beginner klas
Hierdie is die basiese beginnerklas en die beste opsie indien die fisiese klas nie bygewoon kan word nie . Hier word al die basiese tegnieke soos ontwerp , glassny , slyp , foeliewerk , soldeer , afronding en veiligheid aangeleer deur middel van 'n DVD . Ek ontvang baie positiewe terugvoering van studente wat hierdie kursus gevolg het want dit plaas hierdie kunsvorm binne enigeen se bereik , maak nie saak waar jy woon nie .
Hierdie is 'n selfdoen klas en alle gereedskap en materiaal word aangekoop by die ateljee .
Vir meer volledige besonderhede laai asseblief hierdie vorm in .pdf formaat af VORM (hierdie vorm maak in 'n nuwe venster oop) en voltooi dit volgens instruksies op die vorm .
Vir meer gevorderde klasse stuur asseblief epos met navrae vir my .
Nuwe Projekte
Sommige van my nuwe nuwe projekte Meer....
Glas Klasse
Lood glas klasse Meer....
Warm Glas
Kom kyk na nuwe warm glas projekte Meer....
Vaardigheids Lesse
Kort kursusse vir soldeertegnieke, foeliewerk, restourasie, glassny Meer....
Lood Glas Bewaring
Hoe om loodglas skoon te maak en te behandel om jare Meer....