Spesiale Vaardigheids Klasse

Hierdie lesse is vir iemand wat reeds loodglas kan doen , maar meer gevorderde of ekstra tegnieke wil aanleer sonder om klasse te doen . Sommige van die lesse word ook nie in klasse behandel nie , maar is nogtans handig om te weet hoe om dit te doen . Sommige van die vaardighede word ook in ander handwerk of kuns gebruik .

Onthou dat die koste nie die gebruik van gereedskap insluit nie , studente moet dus hul eie gereedskap saambring . Alle ander materiaal word verskaf as deel van die les .

Patroon Ontwerp:

Leer hier die meer gevorderde tegnieke en spesiale behoeftes wat benodig word by sommige projekte . Duur van die les tot 2 ure en koste is R450.00

Glas Keuse:

Die keuse van glas is baie belangrik en hier word dit in baie detail bespreek . Leer ook watter soorte glas werk beter vir watter tipe projek en sovoorts . Kan tot 2 ure duur en die koste is R450.00 .

Glas Sny:

Die fyner tegnieke van glassny en ander spesiale gereedskap wat gebruik kan word is die onderwerp hier . Duur van les is tot 2 ure en die koste is R450.00 .

Foelie Tegnieke:

Spesiale tipes foelie en gereedskap word hier beskryf en getoets . Duur van die les is tot 1,5 ure lank en koste beloop R350.00 .

Soldeer Tegnieke:

Leer hier meer oor dekoratiewe soldeer tegnieke en die gebruike van temperatuur beheeer om sekere tegnieke te kan doen . Duur is tot 2 ure en koste is R450.00 .

Spieels:

Hier word spesiale voorsorg en behandeling van spieels geleer want anders hou die projekte nie baie lank nie . Daar is geneig om aardige swart vlekke te verskyn . Duur is tot 2 ure en die koste is R550.00 .

Afwerking en Voorlegging:

Leer om verskillende afwerkings professioneel te doen en ook hoe om voorleggings by galerye te doen . Tydsduur is tot 1 uur en dit kos R350.00

Gereedskap Sorg:

Dit klink miskien onbelangrik maar sonder die regte sorg kan u stokperdjie duur word want daar is dinge in die ateljee wat die gereedskap sal benadeel . Tydsduur is tot 1 uur en koste is R350.00

Veiligheid en Gesondheid:

Loodglas hou baie gesondheids gevare in en dit is dus noodsaaklik om die nodige voorsorg te tref . Tyd is tot 1 uur en dit kos R350.00 .

Werkswinkel/Ateljee Ontwerp:

Dit is baie belangrik dat die beplanning en uitleg reg gedoen word . Dit kan tot 3 ure duur en kos R550.00 .

Loodglas Herstelwerk:

Leer die fyner punte van loodglas herstelwerk asook spesiale tegnieke . Duur tot 3 ure en kos R550.00 .

Loodglas Restourasie:

Hier word die verskillende tegnieke geleer om glas te evalueer , skoon te maak en te bewaar op die korrekte manier . Tyd is tot 3 ure en dit kos R550.00

Gaan na die Afrikaanse weergawe van die webwerfGo to the English version of this websiteContact me by E-Mail

Nuwe Projekte

Sommige van my nuwe nuwe projekte Meer....

Glas Klasse

Lood glas klasse Meer....

Warm Glas

Kom kyk na nuwe warm glas projekte Meer....

Vaardigheids Lesse

Kort kursusse vir soldeertegnieke, foeliewerk, restourasie, glassny Meer....

Lood Glas Bewaring

Hoe om loodglas skoon te maak en te behandel om jare Meer....