Veiligheid in die loodglas werksplek

Somtyds dink mens dat alle kunsvorms veilig is , maar daar is baie gevare by byna alle kunsvorms. Net omdat enigiets vrylik beskikbaar is maak dit nie veilig nie. Daar word baie preparate gebruik in alle vorme van kuns wat dodelik kan wees. Lees asseblief altyd die etiket en volg die instruksies noukeurig.

Probeer altyd om so min as moontlik van enige preparate te gebruik en indien moontlik , vul kleiner houers en gebruik dit liewer. Dit maak die moontlikheid van ongelukke kleiner en dis makliker en veiliger om skoon te maak as iets verkeerd loop.

Moet nooit allerhande skoonmaakmiddels en ander chemikaliese middels goedsmoeds meng nie. Dit kan uiters gevaarlik wees. Selfs huishoudelike skoonmaakmiddels is nie veilig om te meng nie.

Moet nooit glas sny sonder om 'n skerm of veiligheidsbril te gebruik nie.

Moenie kontaklense dra terwyl jy glas sny of slyp nie. Gebruik liewers 'n bril.

Moenie die glasslypmasjien gebruik sonder water nie. Die fyn glasstof is baie gevaarlik vir jou longe.

Moenie 'n besem , kwas of lap gebruik om die werksarea af te vee nie. Dit kan veroorsaak dat die fyn glasstof ingeasem word. Gebruik eerder 'n stuk spons om dit liggies bymekaar te vee. Moenie hierdie stuk spons weer vir iets anders gebruik nie , dit is nou vol glassplinters.

Gebruik slegs 'n stofsuier wat die stof deur 'n waterbad suig , gewone stofsuiers se filters is nie fyn genoeg om die fyn glasstof te keer nie. Andersins kan 'n klam spons gebruik word om die vloer te vee.

Dra altyd handskoene wanneer daar met skoonmaakmiddels en ander chemikaliese middels gewerk word.

Moet nooit eet of drink terwyl jy besig is om te werk nie , was eers jou hande want lood en chemiese middels is baie giftig. Doen dit selfs al dra jy handskoene terwyl jy werk.

Alle chemiese middels moet altyd in goed geventileerde plekke gebruik word. Daarom is dit nodig om 'n uitsuigwaaier in die werkswinkel te installeer. Dra ook altyd die nodige veiligheids toerusting soos 'n oorjas , lang moue en toe skoene.

Moet nooit chemiese middels sommer net in die aflooppyp gooi nie. Kontak eers die plaaslike gesondheids inspekteur en vind uit hoe om van dit ontslae te raak.

Gebruik altyd 'n stofmasker wanneer met poeiers of ou vensters gewerk word om te verhoed dat jy die gevaarlike stof inasem.

Sorg dat daar altyd 'n brandblusser byderhand is.

Moet nooit stukke glas bokant jou middellyf oplig om dit teen die lig te bekyk nie. Plaas die glas liewers stewig en buk af om deur dit te kyk.

Hou die vloer van die werkswinkel skoon , beweegruimtes oop en tel enigiets dadelik op wat val. Dit is uiters gevaarlik om te struikel of val tussen glas.

Hou kinders en troeteldiere weg van die werkswinkel.

Daar moet altyd 'n volledige eerstehulp kissie beskikbaar wees in die werksplek.

Gaan na die Afrikaanse weergawe van die webwerfGo to the English version of this websiteContact me by E-Mail

Nuwe Projekte

Sommige van my nuwe nuwe projekte Meer....

Glas Klasse

Lood glas klasse Meer....

Warm Glas

Kom kyk na nuwe warm glas projekte Meer....

Vaardigheids Lesse

Kort kursusse vir soldeertegnieke, foeliewerk, restourasie, glassny Meer....

Lood Glas Bewaring

Hoe om loodglas skoon te maak en te behandel om jare Meer....